

GIDEON SE MAALVLEIS FRIKKADELLE
Vroulief het vir ons die heerlike frikkadelle gemaak vir aandete ons het dit saam met blomkool met witsous geniet.
Djeeerlik was dit !!!
1 kg maalvleis (selfgemaak)
1 koppie plein jogurt
2 pakkies bruin uie sop (geen water)
1/2 teelepel gemaalde swartpeper
1/2 teelepel witpeper
1 teelepel chillieflakes
2 teelepels droë pietersielie
Meng alle bestanddele saam en maak balle en pak dit in ‘n gespuite oondbak.
Bedek dit met foelie en bak in die oond op 180°C vir een uur (oond nie voorverhit nie).
Haal foelie af na ‘n uur en grill effens.
Geen water word bygevoeg, omdat die maalvleis wat ek maak vetterig genoeg is.
Foto en resep: Gideon Louw






