

ASPERSIES MET ‘N BOTTERSOUS
Ek skil die aspersies en sny seker 3 cm van die onderkant af.
Lê dit op ‘n snyplank…. baie versigtig te werk gaan, met ‘n dun skiller tot onder die koppies.
pas op dat jy die koppies nie seer maak nie. Kook dit plat in ruim sout water 5/8 minute.
Laat staan in pan vir 20 min, haal uit met skuimlepel.
Ek laat dit in ‘n dik vadoek uitlek, toe gedraai.
Intussen aartappels gekook en eiers,
Ham grof sny of salm kan ook gebruik word.
Dop eiers af en terwyl nog warm, snipper in stukkies.
As ek die bord opmaak. Smelt botter en voeg laaste gekapte pietersielie by.
Die botter gaan oor die aspersies en kan ook oor aartappels gegooi word.
Vrek lekker! 500 gr is genoeg vir 2.
Resep geplaas deur Pearl Van Der Walt
Foto: Pearl Van Der Walt






