

XANDRI SE YSKAS BROWNIES
250 g botter/margarien (Stork to bake werk goed)
500 g versiersuiker
80-100 ml kakao
2 eiers
1 teelepel vanilla geursel
2 pakkies Mariebeskuitjies, in stukkies gebreek
Smelt die botter/margarien in die mikrogolf tot sag, maar nie loperig. Sif die versiersuiker en kakao by die botter. Voeg die 2 eiers by en meng goed deur. Sit in mikrogolf vir 1 minuut. Roer deur en mikrogolf weer vir 1 minuut. Voeg die vanilla geursel by en roer goed.
Voeg die Marie beskuitjies by. Roer alles goed deur en skep in ‘n pannetjie (ek spray en cook die pannetjie eers). Sit in yskas tot hard.
Haal uit vir so 15 min en sny dan as dit nie so kliphard is nie. Pak in ‘n bak en sit dan terug in die yskas.
Foto en resep: Xandri Beukes







Submitted