

TURKISH DELIGHT MET VARIASIES
2 k suiker
2 e mielieblom
1¼ k water
1 e gelatien
2 e suurlemoensap
versiersuiker
Volg die nota onder vir verskillende geure*
Week die gelatien in ‘n ¼ k koue water.
Meng die suiker en mielieblom en voeg 1 k water by.
Roer die suiker mengsel oor stadige hitte totdat die suiker opgelos is.
Laat dit 5 minute lank kook.
Voeg die suurlemoensap by.
Verwyder van hitte en voeg die gelatien by.
Roer die mengsel tot gelatien opgelos is.
Gooi in ‘n gesmeerde bak.
Laat afkoel en sny in stukke.
Rol elke stukkie in versiersuiker.
Wenk: Net voor die mengsel in die bak gegooi word kan ‘n druppeltjie ligte rooi kleursel bygevoeg word.
Nota: (sien ‘Verskillende geure’ hier- onder) is sterker as ander. Voeg dit bietjies-bietjies op ’n slag by en proe die mengsel om die geur te toets. Verskillende geure
Roos – Voeg 10 ml rooswater en drie druppels pienk koskleursel pleks van die sitrusskil en geel of oranje kleursel by.
Kersie – Roer 70 g gekapte geglaseerde kersies by die roosgeur-mengsel.
Lemoen-en-amandel – Roer aan die einde van die gaarmaak- proses 100 g fyngekapte geroosterde amandelvlokkies by. (Moenie te groot stukke neute gebruik nie, want dit sal moeilik sny.)
Sitrus-en-gemmer – Voeg 25 ml fyngekapte geglaseerde gemmer by die suurlemoen- of lemoenmengsel.
Sjokolade – Doop individuele blokkies Turkse lekkers in gesmelte donker- of witsjokolade en laat dit op ’n draadrakkie hard word. IDE
Resep: Kobus Theunissen
Foto: Maryna van Schalkwyk






