

VANILLA PLAATKOEK MET MINT SJOKOLADE SOUS
Resep en foto: Louise Smit
FOOD LOVERS RECIPES
500 g suiker
6 eiers
1 teelepel vanilla geursel
350 ml water
200 ml olie
500 g koekmeel
6 teelepels bakpoeier
knippie sout
Klits suiker, eiers en vanilla saam vir 10 min, gooi water en olie by en meng vinnig deur.
Voeg meel en sout by en meng goed. Sit jou bakpoeier laaste in.
Bak vir 40 min op 180°C.
Sous:
1 ½ koppie suiker
2 ½ eetlepels koekmeel
2 ½ sjokolade mint kitspoeding
1 ½ koppies melk
½ koppie water
1 slap mint sjokolade, gerasper
Meng suiker, meel en sjokolade kitspoeding in ‘n groot bak en voeg water by en meng goed.
Voeg melk by en kook op lae hitte tot dik.
Wanneer sous klaar is, voeg die gerasperde mint sjokolade in sous en meng goed.
As koek uit die oond kom, skep die warm sous oor en laat sous intrek. Sny en geniet.






