


NICOLENE SE SEEKOSPOT
1 ui fyngekap
1 eetlepel knoffel, gekap
700 g seafood mix
3 aartappels, geskil en in blokkies gesny
2 koppies gemengde groente
1 koppie witwyn
400 g garnale (prawns)
250 ml room
sout, peper en vis speserye na smaak
Braai die ui en knoffel in bietjie olie in jou pot, voeg seafood mix, aartappel en mixed veggies (ertjies, mielies en wortel) by, laat ‘n bietjie van die vog weg kook (+/- so 15- 30min)
Voeg die witwyn by en laat prut.
So 20 min later kom die prawns by en net voor prawns klaar is (ongeveer 10 min) voeg die room by. Laat deur kook. Ons het gegeur met sout, peper en vis speserye na smaak. Als was gemaak in ‘n swartpot op ‘n gaspstoof. Heerlik
Resep en foto: Nicolene Adams
2 de foto: Marietjie Van Zyl
Hier is my beloofde foto van die seekos-potjie met SeafoodMix gemaak soos riglyne gekry op Nicolene se resep. Behalwe ek het nie prawns gehad nie en het toe sampioene gebruik wat ek saam met die uie en knoffel effe gebraai het. Dit proe baie lekker! Gaan dit netnou eet saam, het sommer net ‘n groen slaaitjie daarby gemaak. Baie dankie vir julle hulp!






