HANNETJIE SE HEERLIKE GESONDE KARRINGMELK BESKUIT
10 koppies koekmeel
2 koppies suiker
500 g margarien
2 eiers
10 teelepel bakpoeier
1 teelepel sout
500 ml karringmelk
Vryf margarien in meel, voeg suiker en bakpoeier by. Klits eiers en gooi die karringmelk by die eiers, meng en gooi by meel, maak aan tot stywe deeg. Bak vir 3/4 uur teen 180°C.
Dis die basis van my resep, maak nou raak jy kreatief, voeg 2 koppies muesli by en 2 handevol cranberries.
Ek voeg extra eiers by as ek die meusli bysit en bietjie ekstra karringmelk, anders is dit te droog. Jy kan neute ook byvoeg as jy wil.
Resep en foto: Hannetjie Bezuidenhout