

LEON SE GEGEURDE MAALVLEIS VIR EEN PERSOON
350 g maalvleis
1 groot ui, opgesny
2 teelepels fyn knoffel
2 teelepels knoffel pepper
2 eetlepels origanum
sout na smaak
Uie in pan gebraai met knoffel.
Voeg die maalvleis by, geen olie of botter.
Die maalvleis maak sy eie bietjie olie.
Lekker speserye met sout, en Ina Paarman se knoffel en pepper.
En ook origanum ingegooi na smaak.
Foto en Resep: Leon Boetiekie Hartman






