

LAERSKOOL GOUDKOP SE PANNEKOEK
(20 pannekoeke)
2 koppies meel
2.5 ml sout
5 ml bakpoeier
2 eiers
30 ml olie
3 koppies water
1 eetlepel asyn
Meng water, olie, en eiers.
Sif die meel, bakpoeier en sout saam, voeg dit by die water- en oliemengsel en klits baie goed.
Laat staan die beslag vir 1 uur.
Voeg asyn by die mengsel net voordat pannekoek gebak word.
Bak die pannekoek in ‘n matige warm pan. Giet’n dun lagie deeg oor die hele pan se bodem, sodra die kante los raak draai die pannekoek om, laat net gaar word en gooi die pannekoek uit, doen dieselfde met die res van die deeg.
Nota en foto: Juanri Van Der Walt
Ek het onlangs weer die pannekoek gebak en die resep was so ongelooflik lekker, mens kon nie ophou eet nie. (Ek verkies die resep beslis). Ek het die beslag dubbel aangemaak, want my man alleen eet 20 pannekoeke op ‘n slag. Ek het ook 1 eetlepel vanilla bygevoeg, was heerlik en super sag.
Resep: Elna Erasmus







Oorgeplaas na nuwe blog met foto.