

LAMSRIBBETJIE IN DIE OOND
60 ml balsamiese asyn
60 ml heuning
60 ml chutny
60 ml olyfolie
60 ml suurlemoensap
60 ml woestersous
1 eetl crushed garlic
1 teel chillie flakes
1 eetl aromat
1 teel gerookte paprika
1 teel witpeper
1 medium ui, in skywe gesny
Meng alles saam.
Plaas twee kleinerige lamsribbetjies in ‘n oondpan en giet die sous en die uie daaroor.
Bedek met foelie en bak in die oond vir 2 ure op 160 grade.
Na twee ure haal die foelie af en sit die skorsies by met die oopkant ondertoe op die vleis en bedek weer met die foelie.
Bak dan vir nog ‘n half uur en haal die foelie af en bak vir nog ‘n halfuur.
Die vleis was murgsag.
Ons het dit saam met rys geniet en dit was heerlik.
Foto: Gideon Louw






