
RAAD VIR SAPPIGE VARK TJOPS
Lorraine van der Westhuizen:
Vat ‘n pakkie bruin uie sop net so droog rol dit daar in gooi dan vars suurlemoen oor dit hou dit lekke sappig sny dan vet af en braai eenkant maar nie in olie nie sy eie vet dan braai hy lekker bros crackling
Elzabe Grant:
Ek meng bruismeel en speserye rol dan die tjoppies daarin en bak dan in die oond. Heerlik sag en sappig
Doreen Barkhuizen:
Ek gooi sout en peper oor en dan brood krummels. Bak in pan met klein bietjie olie tot net lekker geseel. Dan in bak met enige tipe gas koeldrank. Ek hou van die Fanta. Bak oop vir omtrent 20 min teen 180 º C. Draai om na 10 min.
Aletta Esterhuyse:
Rasper twee appels, daarby ‘n fyngekapte ui. Kerrie en suurlemoensap daarby en bietjie klapper. Op tjops en bak sowat 30 min by 200°C. Doop aartappels, in kwarte gesny, in olie; sout en peper dit en pak rondom die tjops om gelyktydig gaar te word.
Linda Burger:
Baie lekker as jy bruin uie sop poeier oorgooi en ‘n blikkie ideal melk en dit so bak
Linda van Vuuren:
Ek meng sweet chilly sauce, bietjie soya sauce, crushed garlic, bietjie rosemary en bietjie olie bymekaar . borsel aan elke kant end sit onder griller. Myne kom nooit droog uit nie. Natuurlik moet jy hom nie te lank grill nie.
Elsabie Templeton:
Meng gelyke hoeveelhede mayo en blatjang of appelkooskonfyt en eetlepel Nat mosterd en smeer helfte op een Kant van tjoppies. Rooster in oond vir paar minute, draai om en smeer res op ander Kant en rooster nog so 7 minute of tot dit begin borrel en verkleur. Dit sal gaar wees.
Kiti Citi:
Die geheim is, jy maak die bak TOE, met foelie of deksel of iets, tot gaar. Dan sit jy net vinnig onder die grill. Enige van die sousies bo sal werk, elkeen het ander smaak. Dit keer dat jou tjops uitddroog. Lekker sappig.






