

KOEJAWELVLATERT
Kors:
2 x 200 g pakkies tennisbeskuitjies, fyngemaal
150 g botter, gesmelt
Meng die beskuitjiekrummels met die botter en druk vas in die bereide bak.
Vulsel:
15 ml gelatien
500 ml dik vla
250 g roomkaas
1 blik ingelegde koejawels
Bespuit ‘n bak met kossproei.
Roer 45 ml water saam met gelatien en laat staan tot gepons.
Klits die roomkaas en vla met ‘n elektriese klitser tot daar geen klonte is nie.
Verhit gelatien vir 10 sekondes in mikrogolfoond of tot gesmelt. Klits dan by die vlamengsel in.
Giet vlamengsel in die bereide kors en laat verkoel vir 1 tot 2 ure.
Versprei koejawels oor die vlatert. Sny in skywe en sit voor.
Resep: Rachelle Reyneke
Foto: Meisie van der Colff






