

PIESANGSLAAI SAAM BRAAIVLEIS
3 eiers
125 ml wit asyn
250 ml suiker
10 ml mostertpoeier
knypie sout
250 ml ingedampte melk
Klits die eiers asyn, suiker, mosterpoeier en sout saam in ‘n kastrol tot goed gemeng.
Verhit dit oor matige hitte tot dik en roer gereeld.
Haal van die stoof af sodra dit begin kook.
Laat afkoel. Voeg die ingedampte melk by en meng.
Gooi in fles en bewaar in die koelkas tot benodig.
Sny ‘n paar piesangs in skywe en gooi die sous oor. Bedien.
Resep: Rachelle Reyneke
Foto: Meisie van der Colff






