

HEERLIKE BASIL SLAAISOUS
Vir almal wat nou ‘n oormaat Basil het.
Het hierdie resep sommer self aanmekaar geslaan.
1 1/2 koppie vars basil blare, styf in die koppie gedruk. Jy kan meer ook gebruik
12 knoffel huisies, gekerf
1/2 koppie olie, ek gebruik canola olie, maar jy kan olyf olie gebruik
2 koppies water
3 koppies mayonaise (Cross and Blackwell)
2 teelepels sout
3 teelepels suiker
swart peper en bietjie asyn (opsioneel….proe eers )
Sit alles in ‘n versapper en versap.
Ek meng eers alles en sit dan die water by om die regte dikte te verkry.
Die resep maak redelik baie, so jy kan dit maklik halfveer.
Sout, peper en suiker kan jy aanpas na smaak.
Ek gooi dit in botteltjies, dit hou bae goed in die yskas.
Heerlik oor slaaie en gebruik dit ook oor pasta.
Resep: Tanya Rossouw







Geskuif