

GEMSBOK BREDIE IN DIE DRUKKOKER
2 uie, opgesny
10 gemsbok rashers, opgesny
4 aartappels, geskil en halveer
2 wortels, geskil en in ringetjies gesny
handvol gekerfde groenboontjies
4 knoffel stukkies, opgesny
Braai die uie en knoffel, gooi die vleis by en braai. Gooi al die groente in met 2 koppies Beef Aftreksel. Drukkook vir 40 min. Ek het nie nog speserye bygegooi nie omdat die Rashers klaar gespice is. Wanneer die druk af is. Dan meng ek van die sous met Bisto, tamatiesous en Chutney. Laat prut tot die sous dik is en bedien
Foto: Michelle Joubert






