

BOLOGNESE SUBS
500 g maalvleis
knoffel na smaak
1 ui, gekerf
1 eetlepel tamatie paste
bietjie gemengde kruie
1/2 eetlepel suiker
sout en peper na smaak
Braai ui, maalvleis en knoffel tot gaar.
Voeg sout en peper by na smaak.
Gooi dan die tamatie paste en suiker in en braai nog ‘n bietjie.
Mengsel moet nie loperig wees nie.
Sit dan in ‘n hotdog rolletjie met kaas bo oor en bak in die oond.
Resep en foto: Tanita Nina Koen






