

WORTELGEBAK
2 piesangs fyn gedruk
2 groot wortels gerasper
2 koppies selfraising flour
1 teelepel bakpoeier
knippie sout
2 eiers
1 koppie melk
200 gram gesmelte botter
3/4 koppie suiker
5 ml Vanilla
Smelt die botter
Klop eiers en suiker saam, en voeg die botter by
Sif meel, bakpoeier en sout , en voeg by eiermengsels
Meng goed met bietjies melk, voeg daarna piesang, wortel en vanilla by, en meng deur tot net gemeng.
Bak teen 180 grade C vir so 30 min.
Ek het sousie gemaak van halwe koppie water, halwe koppie suiker, blikkie room en 5 ml caramel essense en oor warm poeding gegooi.
Foto: Louwtjie Beck






