


OUTYDSE SOET KOEKIES MET “ROYAL ICING”
Bietjie gespeel vandag.
1 koppie margarien
2 koppies suiker
2 eiers
4 eetlepel melk
1 teelepel vanilla geursel
5 koppies koekmeel
4 teelepels bakpoeier
Room margarine en suiker saam en voeg die eiers by.
Voeg die res by en meng.
Rol uit en bak so 10 min op 180 ºC.
Royal icing
1 kg versiersuiker
1 teelepel kremetart
4 eierwitte
Klits alles saam tot dit dik is, skep in bakkies en voeg die kleursel by en dan teelepel vir teelepel water tot dit kan insak as jy dit optel – As jy die royal icing maak is dit so dik storie, maar dan voeg jy bietjie bietjie water by en roer die icing, sal dan vloeibaar wees as jy die lepel optel uit icing uit en die wat dan drup moet dan insak en nie bo op lê nie dan weet jy dit is reg
Lekker speel.
Foto en Resep: Johan-Kobie Van Rooyen






