IDEES VIR SKILPADJIES
Elize de Kock
Maak so. Jy maal sommer alles deur ‘n 5 mm sif. Die resep is vir koekies, maar jy kan dit ook in netvet toedraai vir skilpaadjies
Gideon Louw
My persoonlike ondervinding is as jy dit in klein stukkie kerf dan issit nie so loperig nie en kan jy dit makliker in die netvet toedraai
Annarie Van Der Vyver
My skoonma sny die lewer sommer in skywe. Ek vind dat ek dit verkies
Anna Venter
Maal jou lewer en ui na smaak saam. Voeg nou spice na jou smaak by (ek gebruik net bbq en bietjie aromat). Sny blokke netvet en sit in ‘n kolwyntjie pan. Skep nou lepel lewer in en vou deeglik toe. Vries tot heeltemal hard. Om gaar te maak…pak steeds half gevries op rooster, anders is die lewer geneig om uit die vet te loop. As jy dit effe gevries begin gaarmaak dan word die buitekant gaar voordat dit kans kry om uit te loop.
Foto: Martie Fourie Moolman
One thought on “IDEES VIR SKILPADJIES”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.
Geskuif as “Wenke vir skilpadjies”