

MIRKROGOLF FUDGE MET VERSIERSUIKER
Resep en foto: Karin van Zyl
FOOD LOVERS RECIPES
125 g botter
500 g pakkie versiersuiker
1 blikkie kondensmelk
5 ml vanilla
Smelt die botter, dan gooi jy die kondensmelk, versiersuiker by (alles in diep mikrogolf safe bak),
sit dit in die mikrogolf vir 10 min, maar jy moet dit elke minuut stop, goed roer, dit keer dat dit oorkook.
Na 10 min haal jy dit uit, los so vir min of 2, dan gooi jy die vanilla by, klop met houtlepel tot dit dik raak.
Gooi dan in bak op waspapier/ foelie, as jy ‘n langwerpige bakkie gebruik, set dit vinniger en volgens resep kry jy 32 blokkies, maar ek het myne in kleiner bak gegooi vir groter blokkies dis maklik 🙂






