

KOOLBREDIE MET SKAAPRIB
2 pakkies opgesnyde ribbetjies (omtrent 10 dun stukkies)
2 uie gekap
1 teelepel knoffel en gemmer, gemeng
2 eetlepels tomato paste
½ koppie tamatie en uie smoor
sout en peper na smaak
Gerookte paprika (ek meng myne saam gewone paprika dan die smoked nie so oorheersend nie).
Braai die vleis eers ‘n bietjie in bietjie olyf olie tot bruin, voeg die uie skywe by en braai net tot deurskynend, voeg al die spices by en dan voeg jy kookwater by en laat kook vir so 15 min.
Voeg die tamato paste plus tamatie en uie smoor by en meng deur.
Sny ‘n halwe koolkop in 4 en plaas die kool bo op die vleis druk dit in die vloeistof in en kook op medium hitte tot sag, voeg nog water aangemaak met die chicken stock blokkie by, dan later die aartappels in kwarte gesny, druk tussen die vleis en kool in die sous. Dit is baie lekker as die sous bietjie loperig is. Moet nie die kos roer nie.
Die groen takkies is vars dill dit gee die kos ‘n heeltemal anders smaak.
Ek het ook ‘n drukkie lemoen sap bygevoeg saam met die hoender stock.
Sit op lae hitte tot alles sag is. Eet en geniet.
Resep en foto: Charmaine Mostert






