

QUICHE MET KAASBESKUITJIE KORS
Vir die basis het ek twee kaasbeskuitjie/cheese straw resepte gemeng. Die hoof resep is uit Huisgenoot wensresepte 2 en dan het ek bestanddele van die cheese straw resep soos uitgesaai op The Pioneer Woman ook ingewerk. Hoeveelhede is aangepas om twee terte te maak.
Hierdie resep lewer twee groot Quiche terte
Kors:
3 koppies gerasperede cheddar kàas
1½ (groot) pakke kaas en uie skyfies
1.5 koppies ongesifte koekmeelblom
150 g botter
1.5 teelepel mosterdpoeier, opsioneel, kan ingooi na smaak
1.5 teelepel cayenne pepper, opsioneel, kan ingooi na smaak
Ek het alles gemeng in voedelsverwerker.
Verdeel deeg in twee oondvaste bakke wat met iets soos spray and cook gespuit is. Versprei deeg mooi in bakke.
Voorverhit oond tot 200°C.
Bak kors vir so 10 min.
Haal uit oond en smeer bietjie eier op die kors en sit terug in oond vir kort rukkie, ek het dit gedoen net om seker te maak die eiermengsel wat later oor vulsel gegooi word nie kors pap maak nie.
Vulsel:
2 opgesnyde uie
2 pakkies spekvleis (bacon bits)
1 pakkie sampioene, opgesny
1 groot pak baba spinasie
Braai uie in bietjie olie.
Sodra uie bruinerig begin braai, voeg spekvleis by en braai tot amper gaar.
Voeg sampioene daarby en die pak baba spinasie. Braai tot droog en alles gaar.
Verdeel die vulsel tussen die twee quiche terte.
Maak nou ‘n eier mengsel aan om bo-oor te gooi.
Eiermengsel:
7 eiers
3/4 groot (500 ml) houer room
1 koppie kaas
Klits alles saam en gooi dit oor die vulsel wat in quiche korse is.
Bak teen 180°C tot eiermengsel gestol het.
Bedien saam slaai.
Foto: Erika Foot
Resep geplaas deur Erika Foot







geskuif