

MARSALA VARK TJOPS IN DIE OOND
1 kg dik vark tjops
2 eetlepels olyfolie
500 g sampioene, in skyfies
sout en peper na smaak
½ koppie water
1 koppie Marsala wyn
¾ koppie room
4 eetlepels botter
1 teelepel Origanum of Tiemie
Verhit die olie oor medium hitte. Voeg die water, sampioene en Origanum / Tiemie by en geur met sout en peper. Kook tot die sampioene net begin sag word en hul sap vrylaat. Ongeveer 3 tot 4 minute. Voeg die Marsalawyn en die room by. Laat prut vir 10 minute, bedek en verwyder van die hitte.
Geur die tjops liggies met sout en peper en braai in warm olie aan elke kant vir ‘n paar sekondes net om die vleis te seël. Plaas in ‘n oondbak en smeer bietjie van die sous, sonder sampioene, daaroor Bak in die oond by 180ºC vir 20 minute. Haal uit die oond, draai die tjops om en giet die res van die sous daaroor. Bak verder vir nog 20 minute of tot die tjops gaar is.
Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto: Adam Cloete






