

BRUIN UIESOUS
Resep geplaas deur Jan Lotz
Foto: Jan Lotz
FOOD LOVERS RECIPES
Heerlik saam met Vleispasteitjies, Kapokaartappels, Pap of enige gebraaide vleis
1 pakkie “Knorr Gravy Brown Onion Gravy” –aangemaak soos op pakkie
3 eetlepels botter
2 eetlepels kookolie
3 uie – in halwes gesny en dan gekap
3 knoffeltoontjies, gekneus en gekap
125 ml rooiwyn
250 ml kookwater
1 eetlepel bruinasyn
peper na smaak
Verhit botter en olie in die pot en voeg uie en knoffel by.
Braai die uie en knoffel lekker stadig oor matige hitte tot goudbruin.
Voeg die aangemaakte sous en rooiwyn by
Bring tot kookpunt en prut vir ’n paar minute.
Voeg kookwater by en kook vir 5 min
Gooi asyn by, peper na smaak en roer deur
Bedien dadelik






