

GROOTMAAT MAALVLEIS BALLE
Afhangend die grote van die vleisballe maak dit so tussen 380 en 420.
15 kg maalvleis
3 groot aartappels per kg maalvleis
8 groot uie
2 dos eiers
2 groot wit brode, korsies afgesny
1 liter melk
2 teelepels bakpoeier per kg maalvleis
sout en peper en steak en chops speserye na smaak
Rasper al die groente meng met maalvleis, week brood in melk en meng met maalvleis, groente, eiers en bakpoeier. Vorm frikkadelle.
Pak in oondpanne en bak in vlak olie tot gaar.
Resep: Len Karsten






