

SWYMELLEKKER SJOKOLADEKOLWNTJIES
500 ml suiker
430 ml koekmeel
180 ml kakaopoeier
7 ml bakpoeier
7 ml koeksoda
‘n knypie sout
2 eiers liggies geklop
250 ml melk
125 ml sonneblomolie
10 ml vanieljegeursel
250 ml kookwater
Kul-ganache
100 g plak donkersjokolade
396 g blikkie karamelkondensmelk
Voorverhit die oond tot 180°C.
Spuit kolwyntjiepan.
Sit die suiker, meel, kakao, bakpoeier, koeksoda en sout saam in ‘n groot mengbak.
Meng die eiers, melk, olie en vanieljegeursel en voeg dit by die droë bestanddele.
Meng vir 2 min met elektriese klitser.
Roer die water by.
Gooi in voorbereide kolwyntjiepan.
Bak vir 30 min of tot toetspen moet skoon uitkom.
Kul-ganache
Smelt die sokolade en meng met karamelkondensmelk.
Skep die ganache in ‘n spuitsak en spuit oor die afgekoelde kolwntjies.
Foto: Benhet Nieuwenhuis






