

GIDEON SE KOOLSLAAI MET KOMKOMMER
Vanaand se aandkos was koolslaai, ‘n snytjie brood wat gebraai is, ‘n stukkie wors, ‘n tjoppie en ‘n doppie.
My oorle pa het altyd gesê: seun as jy iets het om te eet, ‘n dak bo jou kop en jy is gesond, dan is jy ‘n ryk man. Nou ek voel nou ook soos ‘n ryk man.
Meng saam:
kwart koolkop, fyngesny
halwe pynappel, fyngesny
Kwart ui fyn gesny of gerasper soos verkies
halwe komkommer, gerasper
3 gerasperde wortels
Sous
Meng:
3 e mayonnaise
halwe koppie melk
2 e suiker
Giet oor die slaai.
Meng alles saam in ‘n slaaibak.
Die smaak verbeter as dit so 2 tot 3 ure voor ete berei word.
Foto en resep: Gideon Louw






