

DURBAN MASALA MENGSEL
100 ml sonneblom olie
2 naeltjies
1 lourierblaar
3 kaneel stokkies
1 t fennel sade
1/4 t kardamyn saad (uit die doppies gehaal)
Verhit die olie net tot medium hitte. As hitte te hoog is, gaan speserye brand voor geur opgeneem is deur die olie. Voeg die speserye by en roer kort kort vir 5 – 10 minute. Haal van hitte af en laat staan om af te koel en verder geur op te neem. Gooi deur sif om heel speserye te verwyder.
Behou olie vir die volgende stap.
1 – 2 groot uie, opgesny – roer braai in die gegeurde olie oor medium hitte tot uie sag is en begin bruin word. Moenie laat brand nie. Hoe langer die uie braai, hoe meer geur. Verlaag die hitte en voeg die volgende by en roer braai net tot jy die reuk van die bestanddele kan ruik (pasop vir brand)
2 t gerasperde garlic
2 t gerasperde gemmer
¼ t borrie poeier
4 E masala
1 E garam masala (of ipv die 2 masalas, gebruik Rajah Kerrie poeier mild en hot)
1 – 2 tamaties in blokkies gesny
1 E tamatie pasta
Meng goed deur, prut saam
500 g vleis in blokkies gesny – skaap/bees/hoender
2 t sout
Voeg bietjie water by indien nodig en prut met deksel op tot vleis sag en geurig is. Indien nodig, voeg klein bietjies water by om aanbrand te verhoed.
Indien vars kerrieblare gekry kan word, voeg by op hierdie stadium, anders kan dit uitgelos word. Voeg ook nou aartappels in blokkies by met genoeg water om dit gaar te prut.
Bedien met rys, opgesnyde piesang en poppadoms of as Bunny Chow
Nota: Petro Borchard – Jy kan natuurlik nog chillies by gooi as jy intense warm kerrie soek. Ek is ook ‘n groot aanhanger van star anise en cumin en sal gewoonlik dit ook addisioneel by gooi
Resep van Iris Vorwerk-Müller, aangepas en geplaas deur Petro Borchard
Foto: Petro Borchard







geskuif
Geskuif
Petro Borchard
Ek gooi deesdae ook ‘n paar star anise en cumin seeds saam met die oorspronklike heel spices in die olie. Ek haat dit om in heel spices te byt, daarom laat ek die olie en spices saam afkoel vir ‘n uur of meer na ek dit verhit het om die olie te geur en gooi dit dan deur ‘n sif.