

SJOKOLADEKOLWYNTJIES
500 ml suiker
430 ml koekmeel
180 ml kakaopoeier
7 ml bakpoeier
7 ml koeksoda
‘n knypie sout
2 eiers liggies geklop
250 ml melk
125 ml sonneblomolie
10 ml vanilla geursel
1 koppie kook water
Voorverhit die oond tot 180°C.
Spuit kolwyntjiepan.
Sit die suiker, meel, kakao, bakpoeier, koeksoda en sout saam in ‘n groot mengbak.
Meng die eiers, melk, olie en vanilla geursel en voeg dit by die droë bestanddele. Meng vir 2 min met elektriese klitser.
Roer die water by.
Skep in kolwyntjiepan.
Bak vir 30 min of tot toetspen skoon uitkom.
Resep en foto: Desiré Watkins






