

SOUS VIR HOTDOGS
750 ml tamatiesous (glasbottel)
460 g blatjang
1 pakkie tamatieroomsop
1 pakkie bruin of wit uiesop
2 pakkies beesstertsop
7 koppies water om sop aan te maak
250 margarien
½ koppie suiker
Smelt die margarien in ‘n lekker groot pot.
Voeg die tamatiesous, blatjang en suiker by en laat lekker deur kook.
Roer aanhoudend, dit brand maklik aan.
Voeg die sop by en laat op stadige hitte kook totdat die uie deurskynend is, doen dit stadig en roer gereeld, moenie haastig wees nie.
Dit maak bietjie meer as 2 liter sous.
Dis ook heerlik op hamburgers.
As jy meer sous wil maak, moet jy dit liewer in aparte potte maak.
Resep: Linda Mei Jansen






