

JOEY SE EIE GEBAKTE AARTAPPELS
2 pakkies 3 Kase sous ( 3 cheese sauce)
1 kg strepies spek of stukkies (own choice)
Aartappels – hang af van die aantal porsies
2 eetleppels knoffel
Sny aartappels in ronde dun skyfies, sprei dit uit in oond pan.
Sprinkel knoffel oor aartappels.
Gooi gesnyde spek oor die aartappels.
Meng 1 pakkie kaassous met warm water volgens die aanwysings, laat dit amper soos ‘n sousie maak en gooi dit oor aartappels en herhaal dieselfde met die ander pakkie.
Sit foil bo-oor bak.
Sit in oond so vir ‘n half uur op 140°C of tot die aartappels sag en gaar is.
Note: Al die bestanddele is rou.
Resep en foto: Jolene Smith






