

GEBLOMDE UI – BLOOMING ONION
Die ui iewers op die internet gesien, maar kan nie onthou of dit met iets gestop moet word nie.
Wat ek gedoen het, is om die ui te sny, die lae van mekaar los te maak.
Gesprinkel met aromat en Ina Paarman se Italian cheese sprinkle gegeurde meel.
Geklitste eier oor gegooi, in die vrieskas vir ‘n paar minute gesit en daarna in diep olie gebak tot goudbruin.
Resep en foto: Petre van Jaarsveld






