

CABANOSSI SOUS
½ ui, redelik fyn gekap
½ groen soetrissie, redelik fyn gesny
2 cabanossi stokkies, in ringe gesny
1 pakkie 4-kaassous poeier
1 koppie room
2 knoffelhuisies, baie fyn gekap, opsioneel
½ teelepel gedroogde rissie, opsioneel
‘n goeie skeut swartpeper
‘n goeie paar skeute gerookte paprika
Braai die uie tot dit begin verkleur. Voeg die knoffel by en braai vir nog so ‘n minuut.
Sit die soetrissie by en braai vir so 2 minute.
Voeg die cabanossi by en braai vir nog so ‘n minuut of 2 terwyl jy dit aanhoudend roer, maar moenie dat die cabanossi verkleur nie.
Sprinkel die souspoeier oor en roer deur. Gooi die room by en roer deur.
Voeg die swartpeper en paprika by en roer deur. Sodra die mengsel begin borrel skakel jy die stoof af.
Bedien saam met jou gunstelling pasta, gekookte aartappel, rys, pita broodjie of geroosterde bagette.
Nota:
Ek het my amper al dente penne pasta by die warm room ingesit sodat dit verder in die room gaar word en die sous die holtes vul.
As jou sous te dik lyk kan jy dit verdun met ‘n bietjie melk.
Genoeg vir so 2 mense, of 1 stewige porsie.
Foto: Wayne Dugmore






