

KRAP KOEKIES
5 bestanddele krap koekies
1 Blikkie krap vleis
1 klein ui, fyngekap
1 gaar aartappel, fyn gemaak
1 eier
sout en peper
halwe suurlemoen se sap en die skil gerasper en fyn pietersielie
Meng alles en maak koekies.
Braai in vlak olie tot gaar.
Kry die blikkie krap by die afdeling waar die ander vis is.
Dit het ‘n soeter smaak as vis.
Foto en resep: Martie Fourie Moolman






