

ZELDA SE MELKTERT
Resep: Zelda van Vermont
Foto: Hannes Smith
FOOD LOVERS RECIPES
Julle onthou seker my mislukte poging om botter te maak van die onbekende liter room.
Wel ek het toe melktert gemaak van die verdunde room en dit was baie lekker en RYK.
Kors:
250 ml koekmeel
2 teelepels bakpoeier
3 ml sout
125 g botter
65 ml suiker
1 eier
Bietjie melk
Vulsel:
1250 ml melk
125 g botter
45 ml bruismeel
250ml suiker
5 eiers, geskei witte styf geklop
125 ml melk
Meng meel, bakpoeier en sout. Meng botter en suiker saam. Klits die melk en eier en meng alles saam. Die deeg moet slapperig wees. Skep mengsel in 2 gesmeerde tertpanne van 23 cm.
Vir die vulsel:
Kook die 1250 ml melk en botter liggies oor ‘n lae hitte. Klop die bruismeel, suiker, eiergele en 125 ml melk saam.
Voeg by die melkmengsel en prut vir ‘n rukkie. Vou die geklopte eierwit by die mengsel in.
Skep die mengsel op die deeg in die panne en strooi bietjie kaneel oor.
Bak by 180°C vir 25 tot 30 minute.






