

MANDY SE MAKLIKE KAASKOEK IN DIE MIKROGOLF
1 L Parmalat caramel fudge yogurt
1 blik kondensmelk
1 pakkie tennis biscuits
Maak die koekies fyn en sit dit in ‘n bak of tertpan, maak die bodem heeltemal toe.
Meng die kondensmelk en yogurt baie goed saam.
Skep die mengsel oor die koekies.
Sit dit in die mikrogolf vir 4 min.
Koel af in die yskas.
Dis baaaaaie lekker!
Resep en foto: Mandy Engelbrecht






