

VETKOEK IN OOND GEBAK
Ek het iets nuuts probeer vandag, ‘n ander manier om vetkoeke te bak. Dis nie in olie gebak nie dit in die oond gebak.
2 koppies meel
2 eetlepels (10 ml) bakpoeier
(of vervang die meel en bakpoeier met self raising meel)
1 eetlepel suiker
1/2 t (2 ml) sout
1 koppie (250 ml) melk
2 eiers
Genoeg olie vir bak in die oond.
Sif meel, bakpoeier en sout saam. OF
(Self raising meel en sout saam)
Klits eiers, melk en suiker saam.
Meng droë bestanddele saam, gooi dan jou melk en eiermengsel in en meng baie goed deur tot ‘n sagte deeg. Jy kan nog melk by gooi as jy wil.
Smeer bak met botter of spray met “spray and cook”.
Gooi bestanddele in ‘n bak en sit oond op 180°C.
(Vierkantige glasbak – 21 cm)
Laat dit bak so 30 min, hang af hoe vinnig jou oond is.
Klaar gebak, haal uit en laat dit afkoel of kan warm bedien, sny in blokke soos aangedui.
Kan met kerrie, kaas, jam of stroop bedien.
Resep en foto: Jolene Smith






