

VARKWORSIE IDEES
Geraldine Chantel Combrink
Ek het pork bangers wat ek vandag wil maak. Het iemand lekker idees vir dit?
Liz Terblanche
Make a slit down length, add cheese stripes, wrap in bacon and do in oven.
Pamela Venter Stander
Toads-in-a-hole… Bangers in yorkshire pudding… Nie eintlik “pudding” nie….
Marietjie Le Sueur
Dood eenvoudig ‘n lekker maaltyd is: pork bangers, mash, ertjies en bake beans. Eenvoudig maar lekker!
Loraine Peyper Viljoen
Worsrolletjies:
Maak varkworsies gaar.
Haal uit vel en maak fyn met ‘n vurk.
Gebruik gekoopte blaardeeg, rol bietjie dunner uit.
Sit fyn worsies met kaas en sweet chilli sous in deeg en rol toe.
Verf met melk en eier mengsel en bak in oond tot goudbruin.
Bedien saam met skyfies en mengelslaai.
Geraldene Camons Cartwright
Varkworsie “fried rice”:
6 varkworsies
2 koppies gaar rys
1 ui gekerf
3 eiers (waarmee omelet gemaak is en in blokkies gesny is)
Braai uie en worsies in groot pan tot gaar. Haal worsies uit en sny in dun skyfies. Plaas gesnyde worsies, gaar rys en eier blokkies terug in pan by uie. Gooi 1 teelepel soja sous by en roer liggies deur. Bedien saam met mengelslaai. Jy kan 1 koppie gekookte ertjies bygooi vir kleur, as jou mense ertjies eet.
Geraldine Chantel Combrink
Geraldene Camons Cartwright ek het jou ete gemaak en dis regtig baie lekker, het ‘n handjievol Hawaiian stirfry bygegooi.
Foto: Geraldine Chantel Combrink






