

SOET EN SUUR VARK OF HOENDER
gaar gewone of Basmati rys
vark vleis, in blokkies gesny
sonneblom olie, vir diep braai
DEEG:
½ koppie koekmeel
½ koppie Maizena
5 ml koeksoda
sout en peper
2 eetlepels olyf olie, sesame olie, gewone olie
1 koppie water (beslag moet loperig wees maar dik genoeg om aan vleis te kleef )
Meng alles saam. Gooi vleis in beslag en meng.
GROENTE:
Sny groen, rooi, geel peper in dun repies, asook rooi of gewone ui. (sampioene, julian wortels, snap peas en baba mielies werk ook goed hierby as jy meer groente soek)
Verhit bietjie olyf olie in pot.
Braai groente op medium vir 1 minuut, nie om te braai nie, net om te versag.
Voeg knoffel na smaak by.
SOUS:
½ koppie bruin asyn
200 ml wit suiker
50 ml Worcester sous
50 ml Old Brown Sherry
50 ml Sherry
50 ml Soya
sout en peper
Voeg bruin asyn by groente, meng suiker by en bring tot kookpunt. Sit op lae hitte. Roer sodat suiker smelt.
Meng by Worcester sous, Old Brown Sherry en Soya sous en sout en peper na smaak.
Meng bietjie Maizena met water en voeg net ‘n bietjie by om die sous effe te verdik sodat dit nog steeds loperig is, maar nie waterig nie.
Voeg by 100 ml soet/suur sous Hasty Tasty (koop by Checkers in bottel) Dit is optional. Sonder die Hasty Tasty sous is die sous net so lekker. Voeg net 2.5 ml gemmer poeier by as jy nie Hasty Tasty sous gebruik nie.
Prut vir 2 minute.
VLEIS:
Wanneer olie warm is, sit die vleis blokkies (bedek met beslag) een vir een in. So tien op ‘n slag. Sit plaat temp. op 4 (net so bo medium). Braai vleis aan albei kante tot goudbruin en gaar.
Dreineer op kombuis papier.
BEDIEN:
Rys
Vleis ( kan blokkies vinnig in die sous sit net voor opdien)
Sous met groente
Resep en foto: Glenda Diane Emmerson







GESKUIF