SLOW COOKER POTATO BAKE
Vandag potato bake in my slow cooker gemaak.
2 kg aartappels, in ringe gesny
2 pakkies sampioene, gesny
1 groot ui, in ringetjies gesny
2 pakkies potato bake
500 ml melk
500 ml karringmelk
250 g gerasperde kaas
Pak die lae aartappels, uie ringe en gerasperde kaas op mekaar.
Meng potato bake saam met die melk en karringmelk.
Sit die deksel op en stel op hoog en laat dit kook vir so 5 ure of tot lekker sag.
Ek het die deksel afgehaal vir die laaste half uur sodat dit lekker dik raak.
Ek het karringmelk gebruik omdat ek dit oor gehad het van n koek wat ek gebak het.
Foto van Resep: Jacqueline Butt Bierman
Nota: Rina Kleinhans
Sit soveel vloeistof in na smaak, onthou die slow cooker gebruik nie vloeistof nie, wat jy insit gaan jy terug kry, so as jy baie sous wil he of minder sous, pas dit aan asb?