

MAKLIKE KARP VISKOEKIE
Resep en foto: Adele Horn
Viskoekies was heerlik…
Ongeveer 750 g fyn karp wat ek van die bene afgekook het.
7 klein aartappels gaar gekook in sout water.
Alles in voedselverwerker gesit saam met 1 eier.
Sit die mengsel in ‘n groot mengbak en meng die volgende alles by:
1 fyngekapte ui
1 koppie koekmeel
1 teelepel bakpoeier
1 teelepel sout
1 eetlepel vis speserye
1 eetlepel gedroogte pietersielie
Meng alles goed saam.
Maak die viskoekies en bedek met broodkrummels, en laat bietjie koud word in die yskas.
Bak in vlak olie tot goudbruin aan albei kante..






