

EIER OMELET PANNEKOEK
Was vanoggend lus vir eier pannekoek. Klits eiers soos vir omelet. Gooi pannekoek hoeveelheid in pan en bak soos jy pannekoek bak.
3 eiers
2 eetlepels water
sout en peper na smaak
Klits saam en bak soos pannekoek.
Is eintlik maar ‘n dun omelet.
Jy kan opsmeer en insit wat jy wil.
Ek het sweet chilli sous opgesmeer, kaas gestrooi en gerasperde weense worsies. Ons is net 2 mense.
Foto en Resep: Amanda Theunissen






