

CAPRESE SLAAI
Perfek vir ‘n warm aand.
Snytjies Provolone kaas en tamatie bedrup met basiliekruid
Pesto, gemeng met ekstra olyf olie
Tradisioneel word mozzarella gebruik maar ek hou van die ronde skyfies Provolone.
Eenvoudige basiliekruid pesto met suurlemoensap.
2 koppies basiliekruid blare
3 knoffeltoontjies
75 ml dennepitte (pine nuts)
75 ml Parmesan kaas (fyn of gerasper)
45 ml olyf olie
45 ml suurlemoensap
Sout & peper na smaak
Sit alles in voedselverwerker of vysel en meng tot fyn en stewige pasta met die stamper.
Gooi die olyf olie en suurlemoensap by en meng goed.
Geur met sout en peper na smaak.
Hou in yskas vir paar dae.
Basiliekruid is perfekte kruie saam met tamatie en die pesto. Kan in slaaie, saam met vleis (ek hou veral van dit saam met lam) en natuurlik deur warm pasta geroer word.
Foto en Resep: Elsabie Templeton






