


ANGELA SE MIKROGOLF FUDGE
1 blik kondensmelk
500 g suiker
30 ml gouestroop (glucose werk ook)
5 ml vanieljegeursel
125 g botter
Plaas kondensmelk, botter, suiker en gouestroop/glucose in ‘n groot mikrogolf vaste bak en mikrogolf teen 100% krag vir 10 min.
Roer 3 keer gedurende die tyd.
Klits vanieljegeursel by en klits tot dit begin dik raak.
Plaas in gesmeerde bak en laat afkoel.
Sny in blokkies en los in bak tot heeltemaal koud is.
Baie lekker en romerig!
Foto en resep: Angela De Roubaix
2de foto: Lindie Nel







geskuif
Lindie NelLindie
Baie dankie. Dit was my eerste probeer slag en moet se dit was regtig maklike resep en my man LOVE dit.