

UIERINGE IDEES
Sam-Annique Lowry
Het iemand asb vir my ‘n resep vir deeg vir uie ringe?
Ané Ace Kok
Hoe ek dit maak. Ek sny uie in dun skyfies. Maak effens klam met sprite en dan gooi ek dit in ‘n bak wat kan toe gaan. Gooi meel oor en skud baie goed. Dit maak ‘n dun crispy lagie. Gooi ook sout en pepper by die meel voor jy skud. Gee ‘n lekker smaak.
Zelda Ellis
Ek gebruik Chilli Bite Mix. Meng soos wat sê op pakkie. Sny ui in ringe. Doop in die mix en braai. Dit is heerlik! Doen ook my mushrooms en vis so.
Susanna Kruger
Sit net eers uie ringe in ys water vir so 30 minute in yskas.
Lesdee Gloak Bam
Equal part self-raising flour to beer, for example if you use a cup of flour, add a cup of beer. Mix until smooth, chill batter in fridge for ½ hour. Slice your onion into rings and separate, sprinkle with salt, pepper and cayenne pepper. Dip your onion into batter, fry in hot oil.
Lisa Pretorius
Ek het altyd gesukkel met uie ringe. Hierdie resep is Guy Fieri se resep en sal geen ander resep ooit weer gebruik nie.
1 ⅓ kop koekmeel
1 teelepel sout
2 groot uie, in ringe gesny
1 eetlepel olie
¼ teelepel sout
2 eiergele
340 ml bier/soda water
Meng meel, sout, peper, olie en eiergele saam. Meng bier / soda water stadig by. Maak toe met kleefplastiek en sit in yskas vir so ¾ uur. Voeg uieringe in deeg en diepbraai tot goudbruin.
Marie Gerretsen
2 uie
250 ml sodawater
250 ml bruismeel
knippie sout
Meng goed, doop uie in beslag en braai.
Adele Horn
Die heel maklikste uie ringe is soos dié soortgelyk aan spur. Sny 2-3 uie in ringe (nie te breed nie) meng 1 koppie meel met sout en peper na smaak, ek sit altyd ‘n teelepel chicken spice by. Plaas uie in ‘n plastiek bak, strooi die meel oor. Sit deksel op die bak (seël goed) en skud totdat al die uie goed bedek is. Braai in warm olie tot bros en goud bruin.
Sonica Basson
150 ml bruisemeel
±100 ml Soda water/sparkling water
Kyk net die tekstuur dat dit nie te loperig is nie. Ek werk maar op gevoel daar. En dan sout en spices. Dis dit. En baie lekker! Oja en braai in olie.
Foto: Gideon Louw






