

SWARTMOSSELS OP DIE KOLE
20 skoongemaakte swartmossels, een dop verwyder
1 rooi brandrissie, fyngekap met pitte en al
100 g gekapte dunnerige gebraaide kaaswors
sap van een suurlemoen
3 huisies vars fyngekapte knoffel
½ koppie olyfolie
½ koppie tamatiesous (selfgemaak)
1 eetlepel gelykvol paprika
½ koppie gekapte pietersielie
Meng alle bestanddele behalwe die mossels, wors en pietersielie.
Pak mossels met skulpkant onder in plat bak.
Giet gemengde sous in elke skulp ‘n bietjie en giet res bo-oor en laat staan vir ‘n halfuur.
Braai mossels op matige kole vir 8 – 10 min en giet orige sous bietjie vir bietjie oor mossels terwyl jy braai.
Sprinkel gebraaide worsie stukkies oor mossels asook die pietersielie.
Resep geplaas deur Gideon Louw
Foto: Gideon Louw







geskuif