

CHURRO BAKKIES VIR ROOMYS
Kook die volgende saam:
¼ koppie botter
2 teelepels bruin suiker
1 koppie water
1 koppie koekmeel
4 eiers
1 teelepel vanilla geursel
olie vir diep braai
Voeg die koekmeel by die mengsel en haal van hitte af.
Voeg die eiers een vir een by en meng deur.
Voeg die vanilla geursel by en meng deur.
Spuit die onderkant van ‘n muffin pannetjie met cook and spray.
Spuit die mengsel om ‘n bakkie te vorm. Vries tot hard.
Diep braai die bakkies in olie tot goud bruin. Drup droog op papierhanddoek.
Sprinkel kaneelsuiker oor bakkie.
Bedien met roomys! Yum!
FOTO: Andrie Grims






