

SJOKOLADE KOEK MET COKE COLA
Vandag se poeding… ‘n lekker sjokolade koek🤗🤗🤗 hy’s lekker klam binne en die versiersel maak dit nog lekkerder😄😄😄 definitief ‘n moet probeer🙂🙂🙂
Die beste SKOKOLADE KOEK ooit !!!
1 koppie Coca Cola (die ware jakob, nie dieet)
½ koppie olie
115 g botter
3 eetlepel kakao
2 koppies suiker
2 koppies meel
½ teelepel sout
2 eiers
½ koppie karringmelk (½ kop melk met ½ eetlepel asyn)
1 teelepel koeksoda
1 teelepel vanielje
Versiersel:
115 g botter
3 eetlepels kakao
6 eetlepels room of melk
1 teelepel vanieljegeursel
3¾ koppies versiersuiker
In ‘n kastrol, meng Coca Cola, olie, botter, kakao en bring tot kookpunt. In ‘n ander bak, meng die suiker, meel en sout. Giet die kokende Cola mengsel oor die meelmengsel en klop goed. Voeg die eiers, karringmelk, koeksoda en vanielje by en klop goed. Gooi die mengsel in ‘n gesmeerde en meelbestrooide 13 x 9 duim bak pan en bak by 180°C 20 tot 25 minute. Verwyder uit pan. Laat afkoel vir sowat 10 minute voor jy dit versier
Versiersel: In ‘n kastrol, meng die botter, kakao en melk tot die botter gesmelt is. Klits die res van die bestanddele by en smeer oor koek terwyl die versiersel nog warm is.
Opsioneel: Strooi gekapte neute of sjokolade skaafsels oor.
Foto en resep gepos deur Reon Conradie






