

PANNEKOEK A LA BENHET
Ek het al paar keer pannekoek gemaak maar hierdie resepie is vir my nou regtig lekker.
125 ml olie
750 ml water
2 eiers
15 ml asyn
500 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
5 ml sout
Klits olie, water, eiers en asyn tot gemeng.
Sif meel, bakpoeier en sout saam en roer by eiermengsel.
Giet klein bietjie olie in braaipan en bak pannekoeke.
Sit warm saam met kaneelsuiker voor.
Foto: Benhet Nieuwenhuis






