

ONTBYT MAALTYD
Bron: Rina Botha
FOOD LOVERS RECIPES
Die gereg is vir 8 mense, jy kan dit vermeerder of minder maak soos verkies. Die bestanddele se hoeveelhede is ook na eie keuse.
8 snye brood, gerooster
spek
kaasworsies
gerasperde kaas
gebraaide uie (opsioneel)
6 eiers
melk
room
sout en peper na smaak
gemengde kruie
Sny die spek en kaas worsies in stukkies en braai saam in ‘n pan op die stoof tot lekker gaar.
Plaas die rooste brood in ‘n oondpan.
Versprei die gebraaide spek en kaasworsies oor die roosterbrood.
Indien jy van gebraaide uie hou, skep die uie oor die spekmengsel.
Sprinkel gerasperde kaas oor die gevulde broodjies.
Klits die eiers met melk, bietjie room, sout, peper en gemengde kruie.
Giet die eiermengsel oor die kaas en bak die gereg in ‘n voorverhitte oond tot die eiermengsel gaar is.
Skep ‘n gevuldebroodjie vir elkeeen wat lekker wil eet, Bedien met vars tamatie en vars vrugte, baie vullend.







Done